GR1 & GR7 BELL CEREMONY
Die KLOK van VERBINTENIS is in 2019 in die voortuin van die skool opgerig.
Elke nuwe leerder wat hul skoolloopbaan in Graad 1 by Panorama begin, sal die voorreg hê om die klok een keer te lui. Hierdeur, per implikasie, beloof die leerder om Laerskool Panorama te BETREE om TE LEER, deur die blootstelling aan doelmatige, effektiewe leer en doelgerigte, ouderdomsverwante vaardigheidsontwikkeling en die verwesenliking daarvan.
Laerskool Panorama sal verseker dat elke kind die nodige ondersteuning sal ontvang ten einde die nodige KENNIS te bekom deur middel van die daarstelling van ‘n leeromgewing toegerus met die nuutste, relevante leer-en ondersteuningsmateriaal, asook interaktiewe-rekenaargesteunde onderrig.
Laerskool Panorama sal die leerders toerus met hul kernwaardes:
Elke leerder wat sy/haar skoolloopbaan aan die einde van Graad 7 by Laerskool Panorama afsluit, sal die skoolgebou verlaat deur die klok twee keer te lui.
Hiermee word geïmpliseer dat die leerder die skool VERLAAT OM die skool en gemeenskap TE DIEN, deur die verworwe kennis en waardes, wat by Laerskool Panorama gevestig is.
Laerskool Panorama vertrou dat die kernwaardes, wat as ‘n gesamentlike poging van onderwysers en ouers, by elke leerder vasgelê is, sal lei tot ‘n onwrikbare geloof. Elke leerders sal glo in homself / haarself, in die goedheid van die mensdom en ook in hul Skepper.