SPORTSENTRUM
SPORTSENTRUM
Laerskool Panorama bied sy leerders verskeie sportgedrewe aktiwiteite om die holistiese opvoedingsbeskouing van die kind te ondersteun.
Ons poog ook om by Laerskool Panorama ‘n hoë standaard op alle vlakke te handhaaf: akademie, sport en kultuur.
Al ons sportsoorte en leerderdeelname is op ‘n visuele manier in die vorm van aksiefoto’s uitgebeeld. Dit versinnebeeld die lewenskragtigheid, asook die genot van sportdeelname by ons skool.
Die sportsoorte wat by Laerskool Panorama aangebied word, is:
Somersportsoorte:
- Tennis
- Mini-Krieket
- Krieket
- Atletiek
- Swem (privaat)
Wintersportsoorte:
- Rugby
- Netbal
- Hokkie – Seuns
- Hokkie – Dogters
- Landloop
Die dinamieka van ons 1ste spanne word ook in hul onderskeie fotosamestellings uitgebeeld.
Elke sportaktiwiteit, oefening en wedstryd is 'n platform wat ons gebruik om ons waardes uit te leef.
Ons kapteine van verskillende sportsoorte versinnebeeld die waardes van Laerskool Panorama.
Ons gelukbringer, Valkie, dra ook by om die waardes aan ons leerders oor te dra.
- Respek
- Lojaliteit
- Omgee
- Regverdigheid
- Betroubaarheid
- Verantwoordelikheid
Ons is trots op ons pragtige skoolgebou, ons skoolwapen en uniform; en alhoewel ons elke taak aanpak met grootste trots, bly PANORAMA LEERDERS ALTYD NEDERIG!
Ons sportsentrum word graag met ander skole en besoekers gedeel, sodat elke besoeker ook die groot invloed wat sport op die leerders van Laerskool Panorama het, kan ervaar.