Klerewinkel

Laerskool Panorama bied sy eie klerewinkel op die skool gronde.

Kliek hier vir die klere pryslys.

Kliek hier vir tye van klerewinkel.

Let wel: Meisies mag nie dun deurskynende swart broekiekouse of blink swart 
broekiekouse dra nie. Ons klerewinkel verkoop die korrekte broekiekouse.

TWEEDEHANDSE KLERE

Die volgende reëls geld vir die verkoop van tweedehandse klere.    

  • Klere moet skoon en in ‘n goeie toestand wees.
  • Klere moet gemerk wees met die verkoper se naam, adres, 
    telefoonnommer en prys.
  • Geld wat aan ouers verskuldig is, word elke jaar aan die einde van 
    Februarie en die einde van September uitbetaal.
  • Ouers moet self navrae doen oor geld wat aan hulle verskuldig is. Dit is nie vir ons moontlik om almal te bel nie.
  • Geld wat nie teen die einde November van elke jaar afgehaal word nie, sal 
    in ‘n bankrekening gedeponeer word, vir veiligheidsredes.
  • Die volgende items sal nie vir herverkoop aanvaar word nie: wit hemde, 
    sokkies, LO broeke, tasse, sportsakke, swembroeke en grys broeke 
    (kort of lank).
     

NB. Die spasie wat vir die berg van tweedehandse klerebeskikbaar is, is baie 
beperk.

GOEDERE WAT NA DRIE JAAR NIE VERKOOP IS NIE, SAL VIR LIEFDADIGHEID GESKENK WORD. 

Dankie vir u samewerking.