Laerskool Panorama

GELOOF & KENNIS

LAERSKOOL PANORAMA

Musiek

Ons glo dat musiekonderrig nie net bydra tot die ontwikkeling van ‘n gesonde en gebalanseerde leerder nie, maar dat die dissiplines wat daarmee geassosieer word, ‘n positiewe bydrae in alle aspekte van die opvoedkunde kan lewer, sowel as later in die lewe.
Ons het vyf musiekopvoeders en een privaat vioolonderwyser. Die volgende instrumente word onderrig: klavier, klawerbord, blokfluit, kitaar en klarinet.
Daar is ‘n graad R en graad 1 Musiekverrykingsgroep, ‘n Junior- en Seniorkoor, ‘n Junior- en Senior Orff-orkes, ‘n Panorama Orkes en Marimba Orkes.
Die musiekdepartement bied vir leerders ‘n verskeidenheid van geleenthede om hulle musikaliteit te ontwikkel en om musiek van hoë standaard te beoefen, met die oog op deelname aan eksterne eksamens, Eisteddfods, kompetisies en konserte, of net vir persoonlike genot.

Gr R & Gr 1 Musiekverryking
Junior Koor
Senior Koor
Marimba Band
Orkeste
Panorama “Musiekfabriek”
Individuele Musiekonderrig