Graad R Kampus
Welkom by ons Graad R kampus. Ons is ‘n trotse deel van Laerskool Panorama. Die doelwit van ons Graad R kampus is om ‘n speel en leeromgewing te skep, wat inspirerende aktiwiteite en geleenthede aan kinders voorsien, sodat hulle op ‘n holistiese manier kan ontwikkel.
Daar is 3 verskillende aspekte van ontwikkeling vir kinders van alle ouderdomme:
- Sosiale/Emosionele ontwikkeling – Dit sluit ontwikkeling van gevoel en emosie, asook sosiale vaardighede in.
- Kognitiewe ontwikkeling – Dit sluit ontwikkeling van die verstand en denkvaardighede in.
- Fisiese ontwikkeling – Dit sluit ontwikkeling van die liggaam en motoriese vaardighede in.
Die daaglikse program sluit in:
Temabesprekings
Taal en Wiskundige konsepontwikkeling
‘n Wye reeks skeppende aktiwiteite
Musiek en beweging
Konstruksie en verbeeldingspel
Opvoedkundige speletjies en legkaarte
Stories
Na skool word verskeie buitemuurse aktiwiteite deur professionele persone aangebied:
Ballet
Gimnastiek
Karate
Mini-Rugby
Spraakterapeut
Arbeidsterapeut
Wicket Cricket
Musiekverryking
Playball
Shift Netbal
Balvaardighede word aangebied vir leerders wat nie aan bogenoemde buitemuurse aktiwiteite wil deelneem nie.
Ons bied ses klasse vir graad R aan: vier Engels en twee Afrikaans. Ses onderwysers, vier assistente, een sekretaresse, een nutsman/tuinier en twee algemene assistente/skoonmakers vorm ons entoesiastiese, toegewyde en deernisvolle span.
Skoolure:
Graad R: 07:45 – 12:30 (Somer en Winter)
Gates open at 7:00. A pre-care service is available from 06:30 – 07:00, at an additional fee.
Ons sien uit daarna om u en u kind te verwelkom en om dit die begin van ‘n gelukkige en produktiewe toekoms te maak.
For more information or inquiries, please contact our Secretary at (021) 558 7718.