Kultuursentrum
Laerskool Panorama spog met sy eie nuutgeboude Kultuursentrum!
Ons streef daarna om die leerders se musikale talente te ontwikkel, selfvertroue te bou en om hulle die geleentheid te gee om aan ‘n groot verskeidenheid van konserte, Eisteddfods en eksamens deel te neem. Elke leerder word volgens sy eie unieke vermoëns onderrig sodat hy teen sy eie pas maksimaal kan vorder.
Eksterne eksameninstansies waarvoor ons leerders inskryf, is Unisa, The Associated Board of the Royal Schools (UK), Trinity College of London en ALMSA (Afrikaanse Ligte Musiek van Suid-Afrika).
Ons leerders tree by ons jaarlikse musiekkonsert op, asook by Tygerberg Eisteddfod, Panorama se eie Eisteddfod (Panorama Artistico) en vele uitnodigingskonserte. In beide 2020 en 2021 het ons ‘n baie suksesvolle E-konsert aangebied om ons leerders ten spyte van die Covid pandemie steeds ‘n geleentheid te gee om hulle talente ten toon te stel.
Dit is essensieël dat ‘n leerder balans handhaaf tussen Akademie, Kultuur en Sport. Daarom bied ons verskeie aktiwiteite binne ons Kultuursentrum aan. Leerders is altyd welkom om aan enige van ons kultuur-aktiwiteite deel te neem, wat insluit musiekinstrumente - Klavier; Klawerbord; Kitaar; Blokfluit, Klarinet; Sang en Viool.
Leerders word ook die kans gegee om deel te neem aan Junior Koor, Senior Koor, Orff orkesgroepe (Juniors en Seniors) en ons Marimba-span.