Laerskool Panorama

GELOOF & KENNIS

LAERSKOOL PANORAMA

Voorwoord van die Hoof

My laerskoolloopbaan het ek voltrek by Laerskool De Tyger en ek het gematrikuleer aan die Hoërskool Tygerberg. Ek het Hoër Onderwys aan die Onderwyskollege Paarl en aan die Boland Onderwyskollege in Wellington studeer. Ek het my toe verder in die Bestuur van Onderwys aan die Universiteit van Suid-Afrika gekwalifiseer.

My onderwysloopbaan het begin by Mikro Primêre Skool in Kuilsrivier. Daarna het ek ’n pos as Departementshoof by Laerskool Hendrik Louw in Strand aanvaar, waar ek ná twee jaar tot Adjunkhoof bevorder is. In Augustus 2006 het ek die pos as Adjunkhoof en Uitvoerende Skoolbestuurder by Paarl Gimnasium aanvaar.

By Laerskool Panorama glo ons dat elke leerder belangrik en waardevol is. Ons is verbind tot die aanstelling van uitnemende onderwysers en die voorsiening van gehaltegeriewe en -geleenthede om die optimale ontwikkeling en groei van elke kind te verseker.

Ons personeel is gemotiveerde, positiewe professionele persone wat saamwerk om hoë standaarde te handhaaf en voortdurend te verbeter. Ons stel hoë verwagtinge aan ons leerders en bied geleenthede vir groei in akademie, sport en kultuur. Die ontwikkeling van karakter en selfbeeld staan sentraal tot ons onderrig, gebaseer op ons kernwaardes: Respek, Loyaliteit, Omgee, Regverdigheid, Betroubaarheid en Verantwoordelikheid.

Hoewel akademie die kern van ons skool se fokus is, speel sport en kultuur ’n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van elke leerder. Deelname aan hierdie aktiwiteite bevorder spanwerk, dissipline en positiewe houdings, en help leerders om hul volle potensiaal te bereik.

Ons heg groot waarde aan sterk vennootskappe tussen ouers en onderwysers. Ouerbetrokkenheid en -ondersteuning speel n belangrike rol in n kind se opvoeding en karakterontwikkeling, en bied sekuriteit en aanmoediging by die huis sowel as by die skool.

Laerskool Panorama is trots op sy diverse skoolgemeenskap, waar leerders van verskillende tale, kulture, rasse en gelowe verwelkom en gerespekteer word. Saam streef ons om leerders te bemagtig om n positiewe toekoms te bou, gelei deur geloof en kennis.

Ons nooi ons gemeenskap uit om deel te wees van ons reis van uitnemendheid en om te help verseker dat Laerskool Panorama n baken van kwaliteitonderwys bly, en jong mense te vorm wat selfversekerd, bekwaam en mededeelsaam is.

Panorama groete
Anton Mostert
Skoolhoof