Nasorg
NASORG 2026 - GRAAD R
Ouers wat hulle kinders wil inskryf vir 2026, kan navraag doen by aftercare@panoramaps.co.za, met u kind se naam en kontakbesonderhede. Spasie is beperk!
NASORGTYE
Tydens Skoolkwartaal: 12:30 – 17:30
Dag wat skool sluit: 10:45 – 17:30
Skoolvakansies: 07:00 – 17:30
PLIGTE EN ROETINE VAN TOESIGHOUERS
- Ons beskik oor 13 toesighouers by die nasorg. Elke toesighouer het ‘n intekenregister en ‘n lys van buitemuurse aktiwiteite vir hulle spesifieke groepe.
- Parents and visitors are not allowed on the premises and should wait by the Grade R Gate for assistance or when collecting their child.
- The aftercare numbers to contact are on the Grade R gate: 066 178 7971 | 076 795 4755
- Moet asb nie die klokkie lui nie!
SPEELAREAS
- Graad R leerders speel apart, op hulle eie speelgrond. Indien dit reën, bly hulle in die klaskamers. Graad 1 tot 7 leerders speel buite op die veld. Indien dit reën, beweeg hulle na hul onderskeie nasorgklasse.
HUISWERK
- Daar is ten alle tye personeel wat toesig hou in die klaskamers.
- Ouers moet die sentrum skriftelik in kennis stel indien die leerder(s) nie by die sentrum huiswerk moet doen nie.
VAKANSIEFOOIE
- Vakansiefooie is ekstra, en word uitgewerk op n daaglikse tarief wat in kontant betaal word en u ń kwitansie ontvang. Fondse vir kreatiewe aktiwiteite word voorsien.
NASORGFOOIE
- Fooie word betaal per debietorder oor 10 maande, vanaf Februarie tot November, voor of op die eerste dag van die maand. Indien betalings laat is, sal dienste onmiddellik beëindig word en ouers word per sms in kennis gestel.
Ons Nasorgpersoneel