Nasorg
NASORGTYE
Tydens Skoolkwartaal: 12:30 – 17:30
Dag wat skool sluit: 10:45 – 17:30
Skoolvakansies: 07:00 – 17:30
PLIGTE EN ROETINE VAN TOESIGHOUERS
- Ons beskik oor 15 toesighouers by die nasorg. Elke toesighouer het n intekenregister waarop leerders daagliks afgemerk word. n Lys van Buitemuurse aktiwiteite word saamgestel vir leerder, gebaseer op die inligting wat van ouers verkry word.
- Ouers word nie toegelaat op die perseel nie, om sodoende die veiligheid van ons leerders te verseker. Leerders word slegs afgehaal by Hek 10, by die Graad R kampus.
- Die kontaknommers vir nasorg is op die Graad R hek: 066 178 7971 | 076 795 4755.
- Moet asb nie die klokkie lui by die Graad R hek nie!
SPEELAREAS
- Graad R leerders speel apart op die Graad R speelgrond. Indien dit reën, bly hulle in die klas.
- Graad 1 tot 7 leerders speel buite op die rugbyveld. Indien dit reën, bly hulle in hulle afsonderlike klasse.
- Graad RR leerders speel by hulle eie speelarea, apart van die ander. Indien dit reën sal hulle in die klas bly.
HUISWERK
- Elke graad het hul eie klas waarin huiswerk gedoen word, onder toesig. Ons verwag van leerders om hul tyd verantwoordelik te gebruik, en sodoende hul huiswerk te voltooi.
- Die Nasorgpersoneel kommunikeer gereeld met die klasonderwyser om sodoende die huiswerk korrek te voltooi.
- Indien leerders elders huiswerk doen, moet nasorg asb skriftelik in kennis gestel word.
- Huiswerk wat nie by nasorg voltooi word nie, moet tuis gedoen word.
VAKANSIEFOOIE
- Vakansiefooie is ekstra, en word uitgewerk op n daaglikse tarief. Fooie kan kontant of met kaart betaal word, per dag.
- Fondse word gebruik vir kreatiewe aktiwiteite tydens die vakansie.
- Fooie sluit nie maaltye in nie. Ouers moet asb genoeg kos inpak vir u leerder.
NASORGFOOIE
- Fooie word slegs betaal per debietorder oor 10 maande, vanaf Februarie tot November, voor of op die eerste dag van die maand. Indien betalings laat is, sal dienste onmiddellik beëindig word en ouers word per sms in kennis gestel.
- Die Nasorg volg dieselfde Gedragskode as die skool. Leerders wat nie die Gedragskode volg nie, sal kennis gegee word en die plek sal gevul word vanaf die waglys.
Ons Nasorgpersoneel