Akademie
Kurrikulumontwikkeling
Grondslagfase
Vakke:
- Wiskunde
- Huistaal
- Eerste Addisionele taal
- Lewensvaardighede
Leermateriaal:
- Skryfboeke,
- Departementele werkboeke vir leerders in Huistaal, Wiskunde en Eerste Addisionele Taal (Engels),
- Data projektors met aanbiedings,
- Konkrete leermateriaal vir Wiskunde,
- Die Biblioteek het verskeie Leesreekse en leesprogramme vir verskillende leesvlakke.
- Rekenaars.
Robotika & Kodering:
- Robotika & Kodering vir Grondslagfase.
- Robotika & Kodering vir Intermediêr en Seniorfase.
Assessering: Deurlopende informele assessering word daagliks gedoen. Formele assesseringstake (soos vasgestel deur die Departement) word ook elke kwartaal in al die vakke gedoen.
- ‘n Samestelling van informele sowel as formele assessering word gebruik om die finale punt vir die vak te bepaal.
Leerderondersteuning en verryking:
- Remediërende- en didaktiese klasse vir leerders wat meer vaslegging benodig.
- Groepsonderrig word toegepas in Huistaal, Wiskunde en Eerste Addisionele Taal, om te verseker dat leerders wat daartoe instaat is verrykingswerk kan doen of aanbeweeg na die volgende konsep.
Oueraande:
Oueraande word kwartaaliks gehou en dan word die leerder se vordering bespreek.
Intermediêre fase
Kurrikulum: Intermediêre Fase (Gr. 4 – 6) en Senior Fase (Gr. 7)
Die Gr. 4 tot Gr. 7 Kurrikulum is gebaseer op die Departement van Basiese Opvoeding se Kurrikulum en Assesseringsbeleid-verklaring (KABV) – CAPS in Engels. Die Nasionale Kurrikulumverklaring is ontwerp vir die bevordering van sosiale transformasie; aktiewe en kritiese denke; kennis en vaardighede; progressie; geloofwaardigheid; kwaliteit en doeltreffendheid.
Vakke Gr.4 – 6:
- Huistaal (Afrikaans)
- Eerste Addisionele taal (Engels)
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe en Tegnologie
- Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
- Lewensvaardighede (Kreatiewe Kunste, Liggaamlike Opvoeding, Persoonlike en Sosiale Welsyn)
- STEM (Science, Technology, Engineering & Math)
- Robotika & Kodering
Vakke Gr.7:
- Huistaal (Afrikaans)
- Eerste Addisionele taal (Engels)
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Tegnologie
- Lewensoriëntering (Lewensvaardighede en Liggaamlike Opvoeding)
- Kreatiewe Kunste (visuele kuns en musiek)
Assessering:
- Gereelde Skoolgebaseerde Assessering (SBA) vind elke kwartaal plaas. • Kwartaallikse assesseringsroosters word aan die leerders voorsien.
- Die samestelling van skoolgebaseerde assesseringstake en formele toetse, asook eksamens word gebruik om die finale punt van die leerder te bepaal.
- Gedurende die derde Kwartaal voorsien die Departement van Basiese Opvoeding die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) vraestelle aan alle Gr. 4 – 7 leerders.
- Gedurende die vierde Kwartaal word die Gr.6-leerders in Taal en Wiskunde geëvalueer deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se Sistemiese Evaluering.
Handboeke:
Laerskool Panorama voorsien handboeke aan leerders vir elke vak.
Werkboeke:
Elke jaar ontvang leerders Huistaal en Wiskunde werkboeke van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.
Oefeningboeke:
Skoolfooie dek die kostes van oefeningboeke.