


Skaak
Ons het drie uitstekende hoogs-gekwalifiseerde afrigters wat ons bystaan. Al drie hierdie afrigters neem self aktief aan skaak deel en ding gereeld aan toernooie mee. Hulle is David Baxter, Malcolm Fredericks en Lutho Mfazwe.
Junior Skaak is vir Graad R - Graad 2 leerders, vanaf 13:20 - 14:20, op Dinsdae of Donderdae (kies een dag, afhangende van ander sport verpligtinge).
Senior skaak is vir Graad 3 - Graad 7, op Donderdae 14:30 - 15:30.
Klaskamers word gebruik vir beide junior en senior skaaklesse.
Leerders gaan uit by Hek 4, na les. Daar is n Sekuriteitswag en ons het n whatsapp groep.
Kontak Mev. Chantelle Wilkinson vir enige navrae.