FALKON FIT KONDISIONERINGSENTRUM
FALKON FIT KONDISIONERINGSENTRUM
By Laerskool Panorama is die kans dat jy aan ‘n sportsoort deelneem baie groot, en vir die meeste is dit belangrik om te presteer. Een ding wat suksesvolle sportsterre almal gemeen het, is kondisionering. En dit is hiér waar die skool se eie kondisioneringsentrum ‘n deurslaggewende rol speel.
Sport kondisionering by Laerskool Panorama is gemik op spesifieke en bereikbare mikpunte.
In kondisionering word daar gefokus op sekere aspekte:
• Spoed
• Krag (Strength)
• Stamina
• Soepelheid
• Koördinasie asook vaardighede
Dit sluit in die leer van die regte oefentegnieke met gewigte, motivering van deelname in sport en oefening, en die toets van spelers.
Daar word aandag gegee aan die verskillende aspekte soos die seisoen se verloop in Voorseisoen,in-seisoen en buite-seisoen (Hypertrophy Phase) blokke.