Panorama Primary School

FAITH & KNOWLEDGE

PANORAMA PRIMARY SCHOOL

Graad RR - KLEINE VALKIES

Nico-lee du Bruyn
Megan Stegemann

By Kleine Valkies is moedertaalonderrig vir ons van uiterste belang in die vormingsjare van die kind. By Kleine Valkies geskied onderrig in Afrikaans om sodoende hul woordeskat en sinskonstruksie korrek te ontwikkel en te bevorder, ter voorbereiding vir die uitdagings wat Gr. R bied. By Kleine Valkies wil ons die leerders se sosiale vaardighede ontwikkel en hul sodoende emosioneel gereed maak vir Gr. R.

Wat maak die Kleine Valkies uniek bo ander speelskooltjies:

  • Juffrou Nicó-lee Du Bruyn is die onderwyseres in Gr.RR. Sy is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met ‘n BEd-graad in die Grondslagfase.  Sy het as ‘n assistent-onderwyser haar opleiding by Laerskool Panorama ontvang.

  • Juffrou du Bruyn het ook ‘n assistent in die klaskamer, nl. mej. Megan Stegemann.

  • Ons fasiliteite is van die beste in sy soort, eie aan Laerskool Panorama se Graad R-kampus.

  • Ons Kleine Valkies sal hulself in ‘n baie veilige leeromgewing bevind.

  • Skooltye: 07:45 – 12:00.
  • Nasorgopsies word tans bespreek, en ons sal julle op hoogte hou sodra daar meer besonderhede beskikbaar is.